Duiwedinge — Verkeerdevlei

Johan Lee
LEPHALALE — Die sesde wedvlugnaweek (wedvlug elf en twaalf) van die amptelike 2017- duiwe wedvlugseisoen is vanaf Verkeerdevlei gevlieg wat ongeveer 580 km vanaf Ellisras geleë is – soos die kraai vlieg.
Die duiwe is Saterdag 8 Julie onderskeidelik om 07:30 en 08:00 in mooi weer losgelaat en hulle het ‘n relatief moeilike wedvlug gehad te oordeel aan die spoed wat die wenners gehandhaaf het. Die duiwe het stuk-stuk by hulle hokke aangekom.
Die eerste duif terug te Ellisras Duiweklub het om 16:10:44 oor die antenna van die duiweklok in die duiwehok geloop. Die duif van Johan en Richie het die 580 km wedvlug afgevlieg teen ‘n gemiddelde spoed van 1119.3306 meter per minuut (ongeveer 67.15 km/h).
Die eerste duif terug in die ope-wedvlug was Koos Burger se duif wat ingeklok is om 16:38:03 en wat die afstand afgelê het teen ‘n gemiddelde spoed van 1102.4672 meter per minuut (ongeveer 66.14 km/h).
Die uitslae van die Verkeerdevlei Jaaroud-wedvlug is as volg: Johan en Richie 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, Koos Burger 10 en Koos Myburgh 12.
Verkeerdevlei Ope-wedvlug: Koos Burger 1, Johan en Richie 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10 en Koos Myburgh 14.
Baie geluk aan Koos Burger wat regtig ‘n puik wen gevlieg het deur byna 19 minute vooruit ‘n duif te kon klok. Dit wil gedoen wees. Koos verras nou kort-kort met ‘n baie goeie tyd.
Baie geluk ook aan elkeen wat goed gedoen het die naweek en sterkte aan die lede wat minder goed gedoen het. Die “renperde” van die lug is asemrowend en laat ‘n mens verstom staan met wat hulle kan doen.
Until next time then, bye for now.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.