Duiwenuus — Koos Burger maak naam

LEPHALALE — Die duiwe van Ellisras Duiweklub moes die afgelope naweek in onaangename weer meeding oor ʼn afstand van 430 km.

Daar is Saterdag 14 Julie vanaf 12:00 gewag vir die atlete om te arriveer. Daar is gesit en gestaan en die lug is deurentyd gefynkam totdat die spikkels in die verte aangekom het. Die duiwe was op pad.

Om 14:30 sak Koos Burger se duif en besorg loshande aan hom ʼn eerste plek. Die tweede duif, die eiendom van Richie Pieterse, stap eers 44 minute daarna oor die klok.

Wolmaranstad was ʼn toets van gehalte voor die lang afstande afskop. Vir sommiges lê daar meer werk voor en sal skouer aan die wiel gesit moet word.

Die uitslae was as volg:
Jaaroud-wedvlug: Richie Pieterse: 1, 2, 6, 7, 9; Johan Lee: 3, 4, 5; Koos Burger: 8; Koos Myburgh: 10.
Ope-wedvlug: Koos Burger: 1, 3, 4, 6; Richie Pieterse: 2, 7, 8, 9, 10; Koos Myburgh: 24; Johan Lee: 13.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.