Duiwenuus — Kroonvaal 2018

LEPHALALE — Met die inkorwing van die geveerde atlete is reeds bespreek dat die afgelope naweek se wedvlug vanaf Kroonvaal (379 km) ʼn keerpunt vir lede van die Ellisras Duiweklub gaan wees.

Hierdie tweede laaste wedvlug van die kort-afstand kategorieë het die spreekwoordelike poppe laat dans.

Johan Lee klok beide die eerste Jong en Ope duif vir die dag met Koos Burger wat die tweede jongduif op die puntestaat behaal. Hierdie gebeure breek Richie se wenstreek wat hom sedert die begin van die seisoen onderskeidelik ʼn tweede en ʼn derde plek laat behaal het.

Die vet is nou behoorlik in die vuur met die kompetisie wat al sterker word. Daar word gesidder om te dink wat Koos Myburgh se troefkaart is, want almal weet goed wat hulle sê van die een wat laaste lag. . .

De uitslae vir die onderskeie wedvlugte was as volg:
Jaaroud-wedvlug: Johan Lee 1, 6; Koos Burger 2, 7, 8, 9; Richie Pieterse 3, 4, 5, 10 en Koos Myburgh 17.
Ope-wedvlug: Johan Lee 1, 8; Richie Pieterse 2, 3, 4, 5, 6, 9; Koos Burger 7; Koos Myburgh 10.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.