Duiwenuus — Parys 2018

LEPHALALE — Die mees onlangse duiwewedvlug is Saterdag 23 Junie gehou vanaf Parys, sowat 360 km tot by Ellisras Posduifklub.

Die duiwe het teen ʼn Noordoostelike wind gekompeteer en die eerste duif was om 12:22:31 terug in haar tuiste. Sy het gevlieg teen sowat 1233,86 meter per minuut, (ongeveer 74 km per uur).

Parys val mooi in die middel van die kortafstandwedvlugte, met drie vlugte reeds afgelê en nog drie wat voorlê voordat die middelafstande aangedurf word.

Die uitslae vir die onderskeie wedvlugte is as volg:

  • Jaaroud-wedvlug: Richie Pieterse 1, 4, 5, 8, 9,10; Johan Lee 2, 6, 7; Koos Myburgh 3 en Koos Burger 11.
  • Ope-wedvlug: Richie Pieterse 1, 3, 4, 5, 6, 7, 8,10; Johan Lee 2; Koos Burger 9 en Koos Myburgh 12.

Dit is duidelik dat Richie sy duiwe op klassieke musiek en kookmelk grootmaak, hulle liefde vir hulle hok en afrigter word ongetwyfeld bewys deur die puntestate.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.