Duiwenuus theunissen

LEPHALALE — Die jaarlikse Derby-wedvlug vir die jong duiwe is die naweek van 21 Julie gevlieg vanaf Theunissen (530 km).

Die jong duiwe van Bosveld Posduifklub is om 07:30 gelos en die eerste duif terug met ʼn gemiddelde spoed van 1234.7826 meter per minuut (74 km/h) is die eiendom van Human Hokke.

Die duiwe vir die Ope-wedvlug is om 08:00 gelos. Die eerste duif terug is die eiendom van ʼn trotse Jo-Mari Human (Bokkas). Sy vlieg as ʼn junior en laat die ou manne elke naweek harde bene kou. Die gemiddelde spoed van die Ope-wedvlug was 1259.8726 meter per minuut (75.5 km/h).

Die manne is hard aan die dink vir volgende naweek se wenresep.

Die volgende plekke is verwerf:
Derby-wedvlug: Human Hokke: 1, 2, 5, 7, 8; Leon en Cora Nagel: 3, 4, 9, 10; Alec Smith: 6; Bokkas: 11 en 12; De Lange Hokke: 14 en 15.
Ope-wedvlug: Bokkas: 1, 4, 5, 6; Leon en Cora Nagel: 2 en 3; Human Hokke: 7, 8, 9; De Lange Hokke: 10 en1 en Alec Smith: 25.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.