Eerste vir EHS-bergfietsryers

Werner Malan van PSG en die fietsryers van
Hoërskool Ellisras

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se bergfietsspan het Saterdag 29 Julie aan die eerste Spur Schools Mountain Bike League by Hoërskool Merensky in Tzaneen deelgeneem. Die fietsryers het pragtig uitgestaan in hulle nuwe hempies.
Ongeveer 300 fietsryers het deelgeneem en die kompetisie was sterk. Henja Glas eindig vierde in haar kategorie en Adriaan Venter eindig 12de.
In die Youth Boys-kategorie was daar 57 deelnemers. Menno, Xander, Nelius en Dries het in hierdie kategorie deelgeneem en het onderskeidelik 14de, 25ste, 26ste, en 30ste geëindig.
Die fietryers sê alhoewel die kompetisie straf was, was dit ‘n plesier om deur die pragtigste natuurtonele te ry.
EHS se fietsryers nooi enige voornemende fietsryers uit om deel te word van die span.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.