Eerstes oorhandig aan eerstes

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se eerste rugbyspan het Maandagaand 26 Maart sakke oorhandig aan Laerskool Ellisras se eerste rugbyspan wat eersdaags op toer gaan.

Elke lid van EHS se eerste span het sy posisie in die Laerskool se sak oorhandig.

Adriaan Joubert, skoolhoof van Hoërskool Ellisras, het gesê dit is verblydend dat daar baie goeie samewerking tussen die skole is en die jong spelers sterkte toegewens met die komende toer.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.