LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se atlete het Saterdag 16 Februarie aan ʼn streeksatletiekbyeenkoms by Hoërskool Piet Potgieter te Mokopane deelgeneem en goeie plekke behaal.

Bianca Nel, dogters o. 17, behaal eerste plekke in die 100 m, 200 m en 400 m; Jandri Venter, dogters o. 17, behaal ʼn eerste plek in spiesgooi; Rina Molebatsi, dogters o. 15, behaal ʼn tweede plek in die 90 m hekkies; Ewald Botha, seuns o. 15, behaal eerste plekke in die 100 m en 200 m; Christelle van der Merwe, dogters o. 15, behaal eerste plekke in die 100 m en verspring en ʼn tweede plek in die 200 m; Aleyneh Pienaar, dogters o. 15, behaal ʼn tweede plek in hoogspring; Ann Lee Engelbrecht, dogters o. 15, behaal ʼn tweede plek in die 800 m; Nachelle Beetge, dogters o. 17, behaal ʼn eerste plek in die 400 m hekkies en ʼn tweede plek in die 100 m en Tokkie de Beer, seuns o. 17, behaal ʼn eerste plek in die 110 m hekkies en ʼn tweede plek in die 400 m hekkies.
Die atlete, afrigters en leerders sê hulle sien baie uit na die Bosveld Interhoër wat Saterdag 23 Februarie by Hoërskool Warmbad te Bela-Bela gehou word en hulle nooi die gemeenskap uit om hulle te gaan ondersteun.