EHS-atlete reg vir proewe

Untitled-1

Fransa de Beer
LEPHALALE — Die atlete van Hoërskool Ellisras het Woensdag 3 Februarie tuis deelgeneem aan die Area-atletiekbyeenkoms. Volgens die aftigters is die area-atletiek die eerste stap om moontlik te kwalifiseer vir Limpopokleure.
Atlete wat drie eerste plekke gewen het is Larissa Nel (o.17 100m, 200m en 400m), Gerrie Blom (o.17 100m, hoogspring en verspring), John Mogohloana (o.19 100m 200m en 400m), Ghionye Hattingh (o.15 gewigstoot, diskus en spiesgooi) en Wiham du Plessis (o.17 gewigstoot, diskus en spiesgooi).
Atlete met twee eerste plekke is Bernice Moller (o.15 110m en 200m), Revel de Bruin (o.15 100m en 400m), Cameron Morgan (o.19 verspring

en driesprong), Nelia Grobler (o.17 gewigstoot en diskus) en Conrad Prinsloo (o.15 diskus en spiesgooi).
Atlete wat eerste plekke behaal het is Ciska van Staden (o.15 400m), Drian van Vuuren (o.15 400m), Shalom Masha (o.15 800m), Steyn van Staden (o.17 800m), Phenyo Mothiane (o.17 1 500m), C Potgieter (o.15 hoogspring), Joan Phago (o.19 verspring), Noko Munyai (o.17 driesprong), Johan Janse van Niewenhuisen (o.15 gewigstoot), Michael Kotze (o.19 gewigstoot) en Andreas van Zyl (o.19 spiesgooi).
Die Distrik-atletiekbyeenkoms is volgende week waarna die Limpopo-proewe volg. Die Interhoër atletiekbyeenkoms vind op 27 Februarie by Hoërskool Hans Strijdom te Naboomspruit/Mookghopong plaas.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.