EHS-atlete skitter

Steyn van Staden
Steyn van Staden

Fransa de Beer
LEPHALALE — Die atlete en personeel van Hoërskool Ellisras het Saterdag 23 Januarie aan ‘n vriendskaplike atletiekbyeenkoms by Hoërskool Piet Potgieter deelgeneem. Hoërskool Hans Strijdom, Hoërskool Frikkie Meyer en Hoërskool Piet Potgieter was die mededingers.
Loutjie Steenekamp het weer geskitter met ses eerste plekke en ‘n eerste plek vir aflos (s o.17) 110m hekkies: 14.69 (816 ASA), 200m 23.10 (717 ASA), 400m hekkies 0.55s (721 ASA), 400m en 100m. John Mogoloana (s o.19) is eerste in die 110m hekkies 16.00s (724 ASA), 400m 0.51.85s, 400m hekkies 1.00 en tweede in die 100m – 11.19 (701 ASA). Gerrie Blom (s o.16) wen die 100m – 11.62s en verspring met 5.58m. Steyn van Staden wen 110m hekkies en hoogspring met ‘n hoogte van 1.65m. Nico Snyman wen die 400m met ‘n tyd van 57.90s. Wiham du Plessis (s o.17) wen spiesgooi met ‘n afstand van 52.31m. J van Niewenhuizen (s o.15) wen diskus met ‘n afstand van 40.35m. Ashley Nengobela (s o.14) wen die verspring met 5.13.7m.
By die dogters het Anina van Schalkwyk 757 ASA punte verdien met haar eerste plek in hoogspring (d o.19) asook spiesgooi 31.20m. Larissa Nel het eerste plekke gewen vir 400m – 1.03.20s, 200m, 100m hekkies – 16.03, (747 ASA) en 100m – 13.10s. Charnè Vosloo (d o.16) wen die 100m – 13.09s en 200m. Bernice Moller (d o.15) wen die 300m hekkies – 53.60s (713 ASA), 90m hekkies – 16.38s en 100m – 13.65s. Bettie Schoeman (d o.15) presteer in die 100m. Nelia Grobler (d o.16) wen die diskus met 28.92.7m.
Skoolhoof Louis Campbell het die atlete Maandag 25 Januarie tydens die saalopening geprys vir hulle deursettingsvermoë en goeie sportmangees. Hy het onder andere vir Nico Snyman, John Mogohloane, Clifford Els en Malinda du Plessis uitgesonder. Hy het gesê ‘n graad 8-leerder, Ciska van Staden, het so hard geval dat hy eintlik vir haar part seergekry het, maar Ciska het opgestaan en die wedloop onder luide applous van die toeskouers voltooi.
Atlete wat tweede plekke behaal het is: JP van Staden (s o.14) 400m, Anelia du Plessis (d o.16) 100m hekkies, TJ de Beer (s o.14) 100m hekkies, Rianza Gouws (d o.15) gewigstoot, Clifford Els (s o.19) hoogspring, Bettie Schoeman (d o.15) 100m, Revel de Bruin (s o.15) 200m, JP van Staden (s o.14) spiesgooi, William Makutja (s o.17) 1500m, Beulah Prinsloo (d o.17) 1500m, Michael Kotze (s o.19) gewigstoot en TI de Beer (s o.14) 300m hekkies.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.