EHS-atlete woeker

Atlete van Hoërskool Ellisras wat medaljes gewen het tydens die Area- en Distrik-atletiekkampioenskappe

Fransa de Beer
LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se atlete het Vrydag 10 Februarie aan die area-atletiekbyeenkoms by Hoërskool Nylstroom deelgeneem en goed gevaar.
Bianca Nel, dogters o. 15, behaal eerste plekke in die 100 m, 200 m en 400 m. Ander atlete wat ook eerste plekke behaal het is dogters o. 15: Renette Alberts in hoogspring, Daney Potgieter in gewigstoot, Jolene Vermaak in diskus, Twanè du Plessis in spiesgooi en seuns o. 15: Molekoa Modiba in die 100 m, Tokkie de Beer in die 200 m, Koketso Sekhu in die 400 m, Ronnie Mpherwane in hoogspring, Lefa Serumula in verspring, HJ Roets in gewigstoot, JP van Staden in diskus en spiesgooi.
Die volgende o. 17 dogters behaal ook eerste plekke: Charnè Vosloo in die 100 m, Mosebudi Matsoma in die 200 m en verspring, Cylia Lefoane in driesprong, Ranza Gouws in gewigstoot, Nelia Grobler in diskus, Cylia Lefoane in spiesgooi, Joel Sibanda in die 100 m en 200 m, Nico Snyman in die 400 m en 800 m, Murangi Mulaudzi in die 1 500 m, Divan Geldenhuys in hoogspring, Tephan Janse van Rensburg in driesprong, Johan Jansen van Niewenhuizen in gewigstoot en spiesgooi en Conrad Prinsloo in diskus.
Dogters o. 19 met eerste plekke is Cherantè Snyman in die 100 m, 200 m en 400 m, Larissa Nel in verspring, Ouma Mphulo in gewigstoot en Britney van der Merwe in diskus en spiesgooi.
Seuns o. 19 met eerste plekke is Loutjie Steenekamp in die 100 m, 200 m, 400 m en spiesgooi, Andries Selomo in die 300 m, Ryno Vosloo in gewigstoot en Janus Reynecke in diskus.
Die Distriks-atletiekbyeenkoms is Saterdag 11 Februarie by Hoërskool Ellisras gehou. Atlete van die Palala-distrik, Bela-Bela, Bakenberg en Mogalakwena het deelgeneem.
Atlete van Palala wat eerste plekke gehaal het is Arnelia du Plessis dogters o. 17 in die 100 m hekkies, Tokkie de Beer seuns o. 15 in die 100 m hekkies, Jan du Plessis seuns o. 15 in die 300 m hekkies, Bianca Nel dogters o. 15 in die 400 m en 200 m, Koketso Sekhu seuns o. 15 in die 400 m, Morgan Thulare seuns o. 19 in die 400 m, Mosebudi Matsoma dogters o. 17 in verspring, Renette Alberts dogters o. 15 in hoogspring, JP van Staden seuns o. 15 in spiesgooi.
Die Warmbadstreek het ‘n eerste plek gehaal, gevolg deur Palala in die tweede plek en Bakenberg in die derde plek. Mogalakwena eindig in die vierde plek. Trofeë is namens distrikte ontvang.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.