
Fransa de Beer
LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se boogskietspan het Saterdag groot amok gemaak op Laerskool Bosveld Primary se gronde tydens ‘n kompetisie tussen Waterberg Academy, Hoërskool Ellisras en Laerskool Bosveld Primary. ‘n Skut vanuit Rustenburg en skuts uit Vivo het ook aan die kompetisie deelgeneem.
FA Kemp skiet ‘n telling van 278 uit 300 en word aangewys as die beste senior seun en wenner van die dag.
Ammaarah Pandie is tweede in die senior dogters afdeling en Petra Grobler derde in die senior dogtersafdeling. Hoërskool Ellisras word aangewys as die beste skool van die dag!