LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se fietsryers het Saterdag 27 Januarie in Polokwane aan ʼn fietsrykompetisie deelgeneem.
Anika de Klerk behaal derde plekke in onderskeidelik die “Youth Girls”- en Junior Meisies-kategorie.
Menno Glas behaal ʼn sewende en Xander Higgo ʼn elfde plek in die Junior Seuns-kategorie en Nelius Grieshaber is veertiende in die Youth Boys-kategorie. Robbie de Klerk is sestiende in die Sub Junior Seuns-kategorie.
Die fietsryers sê dié eerste kompetisie was goeie opwarming vir die volgende kompetisie.