EHS Interhuis 2016

Loutjie Steenekamp – beste prestasie hekkies 400m, beste atleet 400m, beste prestasie individuele naellope 200m en  Steyn van Staden, beste senior hoogspring, beste prestasie seuns middelafstande 800m
Loutjie Steenekamp – beste prestasie hekkies 400m, beste atleet 400m, beste prestasie individuele naellope 200m en Steyn van Staden, beste senior hoogspring, beste prestasie seuns middelafstande 800m

See more pictures on Facebook!

Fransa de Beer
LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se interhuis atletiekbyeenkoms het ʼn vinnige wegspring gehad die eerste Vrydag van die splinternuwe kwartaal op 15 Januarie 2016. Daar is op drie rekords verbeter te midde van snikhete temperature.

 Nelia Grobler (dogters o.16) verbeter die 2015 gewigstootrekord van Ouma Mpuhlo vanaf 9.81m na 10.55m. Loutjie Steenekamp verbeter op Albert Jordaan se 2011- hekkiesrekord van 57.80 (seuns o.17) na ʼn tyd van 57.40. Gerhard Roets verbeter op Cornis Swanepoel se diskusrekord van 2011 (seuns o.14) vanaf 32.34m tot 34m.
 Louwtjie Steenekamp het vanjaar weer eens ʼn storm los gehardloop en die trofees ingepalm. Loutjie (seuns o.17) verower trofeë vir 400m hekkies 57.40s (774 ASA punte), beste atleet 400m – 54.60s, beste individuele prestasie naellope 200m – 23.10s (814 ASA), 110m hekkies 14.90s en word aangewys as die Senior Victor Ludorum met ʼn puntetotaal van 2351.
 Steyn van Staden (seuns o.16) wen trofeë vir die beste prestasie in senior hoogspring 1.65m (739 ASA) en vir die beste prestasie seuns middelafstand 800m – 2.21.20. Divan Geldenhuys (seuns o.15) wen ʼn trofee vir die beste prestasie hoogspring (1.65m) en mnr. Hubert de Beer skenk ʼn kontantbedrag van R1 000. Hy wen die trofee vir beste prestasie veldnommer met sy hoogspringitem wat 823 ASA punte werd is. Divan wen ook die trofee vir die beste atleet in individuele item met die hoogspring en oes ʼn verdere R1 000 in! Hy sê dis ‘n baie goeie begin van ‘n nuwe jaar.
 Phenyo Mothiana (seuns o.17) wen ʼn trofee vir sy prestasie in die 1 500m (4.56.20) en Johan Janse van Nieuwenhuisen (seuns o.15) wen twee trofeë vir die beste prestasie in spiesgooi 47.30m (726 ASA) en beste prestasie skyfwerp 42.69m (815 ASA). Johan word aangewys as die Junior Victor Ludorum met ʼn puntetotaal van 2 261 vir diskus 42.69m, spiesgooi 47.30m en gewigstoot 12.70m. Conrad Prinsloo ontvang ʼn trofee vir die beste prestasie in gewigstoot (seuns o.15) (741 ASA) 13.00m. Bianca Nel (dogters o.14) word gekies as Junior Victrix Ludorum met ʼn puntetotaal van 1 830 vir 100m -14.30s, 200m – 30.69s, 400m – 1.16.00s, 90m hekkies – 17.00s en verspring 4.06m. Charnè Vosloo (dogters o.16) is die senior Victrix Ludorum met ʼn puntetotaal van 2 007 vir 100m – 13.20s, 200m – 27.90s en verspring 4.15m.
 Die Machaukas word aangewys as die beste seunspan en ook die span met die beste totaal. Die Kanniedoods word aangewys as die beste dogterspan.
 Verdere eerste plekke vir dogters is: Bernice Moller (o.15) vir die 100m – 13.70s en 90m hekkies – 16.40 en Bernice Moller 300m hekkies – 58.30, Larissa Nel (o.17) 100m – 13.20s en 200m – 28.20s en 400m – 1.06.10 en 100m hekkies – 16.20 en 400m hekkies – 1.12.60, o.19 – 100m en 800m – 3.47.00, Layla Williams 100m – 14.40s, Bettie Schoeman (o.15) 200m – 30.50 en 400m – 1.13.90 en 800m – 3.46.50, Malinda du Plessis o.19 – 33.10s en 800m – 3.14.10 en 1 500m – 6.42.80 en 3 000m – 14.49.00, Henja Glas (o.16) 400m – 1.41.00, Angelique Nel 400m – 1.22.20, Leandri Heynecke (o.14) 800m – 3.40.90, Claudine Booysen (o.16) 800m – 3.19.90 en 1 500m – 7.34 40, Masha Shalom (o.14) 1500m – 7.15.80, Beulah Prinsloo (o.17) 1 500m – 7.56.20, Anelia du Plessis (o.16) 100m hekkies – 20.20, Sumarie du Plessis (o.19) 100m hekkies – 21.70, Ciska van Staden (o.14) 300m hekkies – 70.50, Murangi Sithari (o.14) hoogspring 1.25m, Cassidy Potgieter (o.15) hoogspring 1.35m, Sabrina Nortje (o.16) 1.25m, N Matsoma (o.15) verspring 4.02m, Mmamote Kekana (o.17) verspring 3.94m, Joan Phago (o.19) verspring 4.63m, Tino Mkwenhu (o.14) gewigstoot 07.39m, R Gouws (o.15) gewigstoot 09.50m, Nelia Grobler (o.16) gewigstoot 10.55m en diskus 29.69m, Ouma Mphulo (o.17) gewigstoot 07.33m, Karli von Blommestein (o.19) gewigstoot 07.81m, InaMarie Roos (o.14) diskus 16.73m, Ghionye Hattingh (o.15) diskus 22.07m, Britney van der Merwe (o.17) diskus 19.74m en spiesgooi 24.43m, Abbigail Badenhorst (o.19) diskus 21.52m, Gotse Matong (o.14) spiesgooi 13.47m, Lizaan Versfeld (o.15) spiesgooi 29.75m, Marnique Gadda (o.16) spiesgooi 17.82m, Anina v Schalkwyk (o.19) spiesgooi 30.28m.
 Verdere eerste plekke seuns: Steyn van Staden (o.16) 400m hekkies – 1.04.40 en hoogspring – 1.65m , Ashley Nengobela (o.14) 100m – 12.80 en 200m – 26.50s en verspring 5.00m, GP du Preez (o.15) 100m – 12.30, Gerrie Blom (o.16) 100m – 11.70 en verspring 5.45m, John Mogohloana (o.19) 100m – 11.60 en 200m – 24.00 en 400m – 55.40 en 400m hekkies – 1.05.20, Revel de Bruin 200m – 25.00s en verspring – 5.38m, Gerrie Blom (o.16) 200m – 24.50 en 400m – 58.90 , JP van Staden (o.14) 400m – 1.02.40, Nico Snyman (o.15) 400m – 59.50 en 800m – 2.30.90, B Henrico (o.14) 800m – 3.08.20, Michael van Staden (o.17) 800m – 2.20.20, Theo Burger (o.19) 800m – 3.08.50, Brendan du Toit (o.14) 1 500m – 6.21.60, Coenraad Pretorius (o.15) 1 500m – 5.24.10, Dian Slykhuis (o.16) 1 500m – 5.04.70, Phenyo Motiana (o.17) 1 500m – 4.56.20, Willem Dickenson (o.19) 1 500m – 5.52.90, William Makutja (o.17) 3 000m – 11.52.70, Mulaudzi Murangi (o.19) 3 000m – 12.24.00, Thapelo Thulare (o.14) 100m hekkies – 16.00 en 300m hekkies – 53.60 en hoogspring – 1.45m, Divan Geldenhuys (o.15) 100m hekkies – 15.90 en 300m hekkies – 50.70, Cameron Morgan (o.19) 110m hekkies – 16.70, Rynu Vosloo (o.17) hoogspring – 1.50m, Andreas van Zyl (o.19) hoogspring – 1.70m, Wiham du Plessis (o.17) verspring – 5.49m en gewigstoot – 12.58 en diskus – 35.70m en spiesgooi – 48.18m, Pieter Venter (o.19) verspring – 5.63m en driesprong – 11.44m, Gerhard Roets (o.14) gewigstoot – 10.77m, Conrad Prinsloo (o.15) gewigstoot -13.00m, AJ Beukes (o.16) gewigstoot – 11.22m, Michael Kotze (o.19) gewigstoot – 11.21m, Gerhard Roets (o.14) diskus – 34.00m, Johan Pistorius (o.16) diskus – 32.52m, Clifford Els o. 19 diskus – 29.70m en spiesgooi – 45.95m, JP van Staden (o.14) spiesgooi – 40.75m, S Verwey (o.16) spiesgooi – 45.05m.
  Hoërskool Ellisras is dankbaar vir ʼn geseënde dag.

One Comment on “EHS Interhuis 2016”

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.