EHS Interhuis

Fransa de Beer
LEPHALALE — Hoërskool Ellisras het Vrydag 20 Januarie hulle interhuis atletiekbyeenkoms gehou en twee atlete het elk met vyf goue medaljes weggestap.
Loutjie Steenekamp s o.19 wen die 110 m hekkies (832 ASA) 14.60s, 400 m (772 ASA) 50.50, hy behaal ook die beste prestasie in naellope 200 m (809 ASA) 22.50s, 100 m (735 ASA) 11.40s en 400 m hekkies (773 ASA) 56s. Loutjie verbeter op Albert Jordaan se 2012-rekord in die o. 19 400 m hekkies van 57.75s na 56.00s. In sy seuns o. 19 200 m item hardloop hy dieselfde tyd as W Loots in 1971, naamlik 22.50 sekondes.
Tokkie de Beer seuns o. 15 kry ook goud in vyf items, naamlik die 100 m (682 ASA) 12.40s, 200 m (706 ASA) 25.00s, 400 m (648 ASA) 57.70s, 100 m hekkies (706 ASA) 14.90s en 300 m hekkies (646 ASA) 44.10s.
Vyf atlete het elk vier goue medaljes ontvang. Jan du Plessis seuns o. 14 wen die 100 m (702 ASA) 12.70s, 200 m (764 ASA) 25.80s, 400 m in 100.90s asook die 300 m hekkies (722 ASA) 44.30s. Jan verbeter die seuns o. 14 300 m 2014-rekord van Steyn van Staden van 49.50s na 44.30s.
Bianca Nel dogters o. 15 wen goud in die 100 m 13.80s, 200 m 28.80s, 400 m 1.06.30s en verspring (742 ASA) 4.56 m. Larissa Nel dogters o. 19 wen goud in die 100 m 13.60s, 200 m 28.20s, 400 m 1.06.30s en 800 m 3.38.00s. Charnè Vosloo wen goud in die 100 m (719 ASA) 13.00s, 200 m 27.30s, 800 m 3.19.40s en verspring (709 ASA) 4.78 m. Divan Geldenhuys seuns o. 16 wen goud in 100 m hekkies 16.60s, 400 m hekkies 1.04.60s, verspring (718 ASA) 5.68 m en driesprong (718 ASA) 12.25 m. Divan wen silver vir hoogspring waar hy in die 0. 17-kategorie deelneem.
Vincent Makgae het die seuns o. 14 300 m hekkiesrekord van Steyn van Staden verbeter van 49.50s na 48.90s.
Tydens die prysuitdelingseremonie is atlete beloon vir uitsonderlike prestasies. Neil Steenkamp seuns o. 16 wen ‘n trofee vir die beste prestasie in hoogspring en op die koop toe ‘n behoorlike kontantprys van mnr Hubert de Beer! Loutjie Steenekamp ontvang trofeë vir die beste prestasie hekkies, beste atleet in die 400 m en beste individuele prestasie in naellope. Dries du Preez seuns o. 14 ontvang die trofee vir die beste prestasie in veldnommers. Dries het die diskus ‘n afstand van 43.72 m laat trek en die bestaande rekord van 34.00 m verpletter. Dit is 1010 ASA punte werd en ook die hoogste ASA-puntetelling van die dag!
Janco Lotter seuns o. 15 wen die trofee vir die beste prestasie in spiesgooi – 48.78 m 753 ASA-punte werd. Conrad Prinsloo wen die beste prestasie in gewigstoot van 14.00 m en verbeter op ‘n 2011-rekord van Allen Muller van 13.58 m.
Die beste prestasie vir dogters middelafstande gaan aan Anika van Rooyen o. 14 in die 800 m. Nico Snyman seuns o. 16 wen die prestasie vir beste seuns middelafstande (710 ASA-punte).
Die Junior Victrix Ludorum gaan aan Bianca Nel (2049 punte) en Charnè Vosloo (2101 punte) word aangewys as Senior Victrix Ludorum. Loutjie Steenekamp (2 414 punte) is senior Victor Ludorum en Dries du Preez (2 276 punte) is Junior Victor Ludorum.
Vier dogters van Laerskool Ellisras het ingeskryf om aflos teen die o. 14-dogters te hardloop en hulle sowaar gewen! Hulle is Carla Gouws en Elanè Erasmus (o. 10) en Zinta van Staden en Christie Kaiser (o. 13).

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.