EHS-krieket naaswenners

Krieketspelers waarmee rekening gehou moet word is Juan de Beer, Lawrence Johnson, Conrad Prinsloo en Pieter Nel
Krieketspelers waarmee rekening gehou moet word is Juan de Beer, Lawrence Johnson, Conrad Prinsloo en Pieter Nel

Fransa de Beer
LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se o. 15-krieketspan het Donderdag 13 Oktober die semi-finale gewen in die Limpopo A-liga en deurgedring na die finaal teen Bela-Bela (Warmbad) wat Saterdag 15 Oktober in Polokwane (Pietersburg) gespeel is.
Conrad Prinsloo is die beste kolwer met 48 lopies en Lawrence Johnson met 38 lopies. Lawrence vat twee paaltjies en Conrad een. Pieter Nel is die beste bouler wat drie paaltjies laat kantel het vir net 33 lopies.
Dié o. 15-span het ‘n uitstekende seisoen gehad, maar verloor hulle laaste wedstryd teen Bela-Bela en eindig as naaswenners in die Limpopo A-liga.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.