EHS-krieket

V.l.n.r. voor: Hendri Reynecke, Nico Snyman, Nico le Roux, WP Vermeulen, Johan Janse van Niewenhuysen, Menno Glas, Lawrence Nathan Johnson en agter: Zander Higgo, Cornè van Zyl, Janco Lötter, Christian Young en Conrad Prinsloo

Fransa de Beer
LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se o. 15-krieketspan het Saterdag 17 September ‘n wedstryd teen Hoërskool Hans Strijdom gespeel op Mogolklub se veld.
EHS het die Hansies in die grond in gespeel en met sewe paaltjies gewen. Die beste kolwer was Janco Lötter met 57 lopies en die beste bouler was Johan Janse van Niewenhuizen wat ’n allemintige vyf paaltjies laat kantel het. Hoërskool Hans Strijdom het eerste gekolf en 134 lopies gemaak. Dit het die EHS-spelers nie lank gevat om hulle uit te boul nie.
Met nog net een wedstryd oor wens die skool hulle maters baie sterkte toe.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.