EHS kuier tot laat

Louis Campbell, skoolhoof en wenners van links na regs Johan Nel, Abram Snyders, Phodius Machaba en Gerhard Pansegrouw

Ria Wells
LEPHALALE — Hoërskool Ellisras het Saterdag ‘n beterbal-gholfkompetisie aangebied wat deur 76 spelers ondersteun is. Op die koop toe is spelers en gaste vermaak met musiek deur die gewilde sanger, Arno Jordaan, en daar is tot laataand luidkeels saamgesing en gedans en natuurlik aan die heerlike kos gesmul.
Die potjiekoskompetisie wat deur Ben Kruger (Okkie van Binnelanders-faam) beoordeel is het vir sy eie pret gesorg en die Beesstertpot van Freddy Smook, Jaco van Wyk, Koot Human, Daffue en Chris Freund het met die louere weggeloop. Corne du Plessis van CDP-Afslaers het ‘n uiters suksesvolle veiling aangebied wat goed bygedra het tot die skool se fondse. Louis Campbell, skoolhoof, het die borge, spelers, gaste en Mogolklub bedank wat gehelp om ‘n uithaler gholfdag se sukses te bepaal met die bonus van ‘n heerlike kuieratmosfeer.
Die naaste aan die penne was Juan Human op putjie 4, Deon Buys op 8, Awie Besseling op 15 en Alvin Bosman op 15. Daar was wel manne wat baie lank op die baan deurgebring het en gekyk het wie die meeste houe kan slaan en hulle is Eckard Rautenbach en Hennie Vermaak.
Die langste dryfhou is deur Johandre Swart op putjie 13 geslaan en Juan van Vuuren op 2.
Johan Nel en Hilton McCabe het in die eerste plek met 48 punte geseëvier gevolg deur Abram Snyders en Phodius Machaba met 47 punte en Gerhard Pansegrouw en Peter Brown is derde met 46 punte.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.