EHS-netbal maak byna skoonskip

EHS netbal onder 16-span

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se netbalspanne speel vanjaar in die mediumskoleliga en hulle het Saterdag 20 Mei aan ‘n netbaldag teen Hoërskool Nylstoom in Modimolle (Nylstroom) deelgeneem.
Die eerste span het nie ‘n goeie dag gehad nie en verloor hulle wedstryd met ‘n telling van 19-36. Die res van die spanne het egter vir dié verloor opgemaak.
Die o. 14A-span wen 21-13, o. 14B’s wen 27-8, o. 15A’s wen 19-11, o. 15B’s speel gelykop met ‘n telling van 8 elk en die o. 16A-span wen 30-6.
Hoërskool Nylstroom het ook C-spanne wat wedstryde teen EHS se B-spanne gespeel het. Die o. 14B’s wen 19-0 en die o. 15B’s wen 17-7.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.