
Fransa de Beer
LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se redenaars en debatspanne het uitstekend gevaar by die eerste uitdunne van die ATKV. Leandri van Deventer, Nathalie Perrier en Clarise Kritzinger dring deur na die semi-finale rondte wat op 4 Junie in Witbank plaasvind.
Leandri van Deventer, Lerato Ditsela (Afrikaans Tweede Taal) en Tanya van Zyl is gekies om deur te gaan met voorbereide toesprake en Nathalie Perrier en JP van Staden gaan deur in die onvoorbereide afdeling.