EHS-rugby kraai koning

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se rugbyspanne het die naweek van 20 Mei hul eerste ligawedstryd teen Hoërskool Tom Naude in Polokwane (Pietersburg) gespeel.
Die o. 14A-span wen 22-12. Drieë word gedruk deur Vincent Makgae (een) en RF Schoeman (twee). Bryson Webb verdoel ‘n drie.
‘n o. 14B-span is ook op die veld gestuur en hulle wen met ‘n verrassende telling van 12-10.
Die taai manne van die o. 15’s verseker ‘n wen en behaal ‘n telling van 43-0 en die eerste span wen 28-22.
Puntemakers vir eerste span is Ruan Louw, Noko Munyai, Lawrence Nong en Hannes Pretorius. Skoppe is waargeneem deur Marco de Beer.
Puntemakers vir die o. 15’s is Janco Lötter, Jewan Human, JP van Staden, Thebatso Lekaka en CJ Nortje. Vier doelskoppe is waargeneem deur Ruan Basson.
Die volgende ligawedstryd is teen Hoërskool Frikkie Meyer van Thabazimbi.
Die afrigters is dit eens dat dié spanne uitstekend gevaar het in ‘n grootskoleliga.
Die o.16 A-span verloor 26-0 en die tweede span verloor 12-9.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.