EHS-rugby roer by Hansieweek

LEPHALALE — Die rugbyspanne van Hoërskool Ellisras was die afgelope vakansie baie produktief. Hulle het van 3 tot 7 April aan die bekende Hansieweek deelgeneem.

Hannes Pretorius is gekies om in Engeland te gaan rugby speel; Gerrie Blom is aangewys as Vleuel van die Toernooi en hy is genooi om in Engeland te gaan rugby speel

Gerrie Blom word aangewys as die beste vleuel van die toernooi en hy is gekies om later vanjaar na Engeland te toer. Hannes Pretorius is ook gekies om in Engeland te gaan rugby speel.

3 April: die eerste rugbyspan wen Brits met 31-27, die o. 16-span speel teen Secunda en wen 15-14, die o. 15-span het ʼn wegholoorwinning oor Driehoek met ʼn telling van 48-5.

5 April: Die eerste span speel teen Dinamika en wen 22-5. Die o. 16’s wen Lydenburg met ʼn telling van 10-0 en die o. 14’s wen Lydenburg 24-5.

7 April: die eerste span wen Tuine 20-14, die o. 16’s wen HTS Witbank 21-0 en die o. 15’s wen HTS John Vorster met ʼn telling van 15-7.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.