EHS-rugby vir seker die beste

LEPHALALE — Die o. 16-rugbyspan wen die afgelope naweek die halfeindronde van die Virsekerbeker teen Hoërskool Tuine in Pretoria met ʼn uitstekende telling van 47-7.

Die o. 16-rugbyspan

Puntemakers is JP van Staden wat vier drieë druk, Tebatso Lekaka, Janco Lotter en Ruan Basson druk elk een drie en Ruan slaag met ses uit sewe skoppe.

Die bestuur van die span, Rohan Besseling, Thildie Besseling en Rudolph Fourie is in die wolke en hulle sê dit was in geheel ʼn spanpoging wat sukses verseker. Die o. 16’s speel Saterdag 4 Augustus in die kwarteindronde te Randburg.

Die o. 15-span dring ook deur na die kwarteindronde. Hulle wen Midstream College van Pretoria met ʼn telling van 19-3.

Drieë is gedruk deur Jacques Oberholzer, Estiaan Higgo en Marvin Mofokeng. Mynhardt du Plessis slaag met twee doelskoppe.

Die o. 15’s speel Saterdag 4 Augustus tuis teen Hoërskool Rob Ferreira van Witrivier.

Afrigters Theunes van Staden en Johan Pitout reken hulle manne kan die ding doen!

Die hoof en afrigters bedank die ouers wat soveel kilometers agter hulle kinders aanry om hulle te motiveer, te ondersteun en saam te juig.

Die inwoners van Lephalale word versoek om die o. 15-span Saterdag te ondersteun aangesien hulle op tuisveld speel.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.