EHS se ster-atlete blink!

EHS-pilditch
Loutjie Steenekamp en John Mogohloana – EHS se twee ster-atlete

Fransa de Beer
LEPHALALE — Die atlete van Hoërskool Ellisras het Woensdag 17 Februarie in Pretoria by Pilditch Stadion aan die AGN Prestige College top 10 atletiekbyeenkoms deelgeneem. 94 skole het deelgeneem. Elke skool kon vyf dogters- en vyf seunsatlete inskryf en elke atleet kon net aan twee items deelneem.
Skole van regoor die land het van heinde en verre gereis om aan hierdie prestige byeenkoms deel te neem.
Hoërskool Ellisras se ster-atleet, Loutjie Steenekamp, het eerste plek in die s o.17 400 m hekkies behaal (53.41 s) en daarmee ‘n plek losgehardloop in ‘n span wat vanaf 24 April tot 1 Mei na Amerika gaan toer. Volgens Loutjie het dit gevoel of hy in ‘n droom eerste gekom het. Hy verdien met sy eerste plek in die 400 m ‘n ongelooflike 956 ASA-punte. Loutjie behaal ook ‘n vierde plek in die 110 m hekkies met ‘n tyd van 14.75 s. Hy verdien hiermee 780 ASA-punte.
John Mogohloana (s o.19) behaal ‘n vierde plek in die 400 m hekkies (56.48 s) (744 ASA-punte) en ‘n sewende plek in die 400 m (50.87 s) (745 ASA-punte). Johan van Niewenhuisen (s o.15) behaal ‘n negende plek in spiesgooi (45.43 m) (691 ASA-punte) en ‘n tiende plek in gewigstoot (13.29 m) (761 ASA-punte). Revel de Bruin (s o.15) wen ‘n 15de plek in hoogspring (5.30 m) (721 ASA-punte) en ‘n 16de plek in die 200 m (754 ASA-punte). Steyn van Staden (s o.16) verdien ‘n 16de plek in die 800 m (2.11.13 s) (726 ASA-punte) en ‘n 17de plek in die 110 m hekkies (17.35 s) (508 ASA-punte).
Larissa Nel (d o.17) behaal ‘n vyfde plek in die 100 m hekkies (15.47 s) (686 ASA-punte) en ‘n negende plek in die 100 m (13.42 s). Nelia Grobler (d o.16) behaal ‘n sewende plek in diskus (27.46 m) (599 ASA-punte) en ‘n 17de plek in gewigstoot (9.53 m) (640 ASA-punte). Charnè Vosloo (d o.16) behaal ‘n agtste plek in die 200 m (26.72 s) (771 ASA-punte) en ‘n tiende plek in die 100 m (13.13 s) (740 ASA-punte). Bernice Möller (d o.15) behaal ‘n 14de plek in die 300 m hekkies (50.76 s) (626 ASA-punte) en ‘n 17de plek in die 90 m hekkies (16.36 s) (405 ASA-punte).
Hoërskool Ellisras is besonder trots op hierdie atlete maar ook op elkeen wat deurgaans hulle beste gee. Die atlete sê ook baie dankie aan die skool wat hulle veilig vervoer na die sportbyeenkomste sodat hulle die geleentheid het om op die hoogste vlak deel te neem en te kwalifiseer vir oorsese toere.
Die skool doen ‘n beroep op enigiemand wat geroepe voel om by te dra tot Loutjie se Amerika-toer om die bedrag in ‘n spesiale rekening wat geskep is vir sy toerfonds in te betaal. die rekeningbesonderhede is:
ABSA Ellisras, PIL Steenekamp, Takkode: 632005, Nommer: 93-1648-4082, Spaarrekening.
Die skool bedank almal wat bereid is om by te dra om Loutjie se droom te bewaarheid.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.