EHS seëvier

Die eerste seuns-tennisspan van EHS
Die eerste seuns-tennisspan van EHS

Fransa de Beer
LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se sportspanne het Saterdag 23 April ‘n sportdag op tuisgrond saam met Hoërskool Nylstroom gehou.
Al die rugbyspanne van EHS het gewen. Die o.14-span wen 43-0, die o.15’s wen 24-14, die o.16’s wen 58-0, die tweede span wen 36-13 en die eerste span wen 25-20.
Skoolhoof Louis Campbell het die spelers Maandag geprys omdat hulle tot op die laaste minuut voluit gespeel het.
Die netbalspanne het gemengde welslae behaal. Die eerste span het ‘n baie fisiese wedstryd gehad en verloor met een doel nadat Malinda du Plessis letterlik in die grond in gespeel is. Die o.14 A’s speel gelykop 12-12, Die o.14 B-span wen 25-0, die o.15 A-span verloor 18-20 en die o.15 B-span wen 8-5. Die o.16 A-span verloor 23-26 en die eerste span verloor 26-27.
Die o.16-hokkiespan wen 2-0 en die o.15-hokkiespan wen 2-1.
Die tennisspanne het Donderdag in Modimolle (Nylstoom) gespeel. Anzelle Vermaak (graad 8) speel vir die eerste dogter tennisspan en sy wen haar enkels.
Barbara Emslie het op die nippertjie uitgehelp en wen sowaar haar wedtryd met ‘n telling van 7-2.
Menno Glas wen sy enkels 6-3, Hendri Reynecke wen 5-4 en Neil Steyn en Hendri wen hulle dubbles 4-3. Jannie Snyders is weer kampioen en wen sy enkels 6-3.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.