LEPHALALE — Die boogskuts van Hoërskool Ellisras het Saterdag 6 Februarie aan ‘n boogskietkompetisie te Vivo deelgeneem. Vier skole, naamlik CVO Vivo, Waterberg Academy, Lephalale Primary en Hoërskool Ellisras het deelgeneem en EHS behaal ‘n tweede plek.
Whanita Pretorius en FA Kemp is onderskeidelik derde in die senior meisies en senior seuns afdeling. FA Kemp behaal ‘n algehele derde plek.