EHS skuts vaar goed

ehs-boogskiet

Fransa de Beer
LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se boogskietspan het Vrydag 14 Oktober aan die Interprovinsiale Kampioenskappe in Johannesburg deelgeneem.
Sewe provinsies en 283 skuts was teenwoordig, waaruit Limpopo wegstap met ‘n vierde plek.
FA Kemp word as die beste EHS-skut vir die dag aangewys nadat hy ‘n uitstekende 286 uit 300 skiet. Hy behaal ‘n algehele 14de plek vir die dag. Marco Esbach skiet 271 uit 300, Whanita Pretorius 268 uit 300, Dirk Nel 262 uit 300, Petra Grobler 253 uit 300 en Ammaarah Pandie 247 uit 300.
Die skuts neem ook Saterdag 15 Oktober deel aan ‘n Nasionale boogskietkampioenskap. 638 skuts neem deel en die beste EHS-skut is FA Kemp met ‘n telling van 284 uit 300. Hy is 21ste van die senior seuns en Whanita Pretorius is 24ste met ‘n telling van 268 uit 300.
Hierdie skuts skiet bykans elke Saterdag en is uiters toegewyd aan hulle sport. Hul afrigters voorspel groot dinge vir volgende jaar.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.