EHS-spanne gee pak!

Die eerste hokkiespan het ná ‘n harde wedstryd gewen

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se eerste hokkiespan het Saterdag 13 Mei ‘n harde wedstryd teen Hoërskool Piet Potgieter gespeel, maar tog as wenners uit die stryd getree met ‘n telling van 1-0. Larissa Nel het die enigste doel vir die wedstryd op tuisveld angeteken.
EHS se netbalspanne het uitstekend gevaar.
Die o. 14A-span wen 30-1, die o. 14B-span wen 35-2, die o. 15A-span wen 23-8, die o. 15B-span wen 10-4 en die o. 16B-span wen 17-1.
Die eerste netbalspan het soos kampioene gespeel en wen die wedstryd met ‘n telling van 24-11.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.