EHS-sport

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras het Saterdag 26 Mei ʼn netbal- , tennis- en hokkiedag gehad op tuisgrond teen Hoërskool Warmbad.

Die o. 14-hokkiespan wen 11-1

Die o. 14-netbalspan wat die hele seisoen nog nie ʼn wedsryd verloor het nie, wen 29-7 en is dus die ligawenners. Die o. 15-netbalspan wen 36-2 en die o. 16’s wen naelskraap 16-15. Hulle eindig tweede in die liga.

EHS se o. 14-netbalspan is ligawenners

Die eerste span-ligawenners is van Hoërskool Ben Viljoen.

Die o. 14- en o. 15-span speel die naweek van 2 Junie in Tzaneen teen ander streke in Limpopo en dié wedstryde sal bepaal wie die Limpopowenners is.

EHS se o. 14-hokkiespan wen 11-1 en die res van die spanne verloor.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.