EHS sport skop goed af

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se wintersportspanne het Saterdag 11 Maart deelgeneem aan ‘n sportdag te Hoërskool Gerrit Maritz in Pretoria.
Die netbalspanne het uitstekend gedoen en die tellings is as volg: die o. 14A-span wen 34- 2, o. 14B’s wen 25-0, o. 15A’s wen 19-6, o.15B’s wen 22-9, o. 16A’s wen 20-6, o.16B’s verloor 5-9 en die eerste span wen 30-18.
Die o. 14-rugbyspan wen met ‘n uitstekende telling van 81-0 en die o. 15-span wen met ‘n telling van 100-0.
Die o. 16’s wen 31 – 19, die tweedes wen 20 – 0 en die eerstes wen met ‘n goeie telling van 58-3.
Die o. 15-rugbyspan se spelers het vir groot opwinding gesorg toe hulle teen halftyd met ‘n bos blomme op die veld stap. Die toeskouers was stom van verbasing toe hulle besef dat die afrigter van die o. 15-span, Rohan Besseling, dit vooraf gereël het. Hy het sy meisie, Thildie Erasmus, spanbestuurder, net daar en dan gevra om met hom te trou. Op sy knieë met die spanlede in ‘n kring om hulle. Natuurlik het sy “ja” gesê.
Die o. 14-hokkiespan wen 2-0, die o. 15’s wen 5-0, die tweede span speel gelykop en die eerste span wen 4-0.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.