
LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se sportspanne het Saterdag 5 Maart op tuisgrond aan ‘n sportdag teen die spanne van Hoërskool Louis Trichardt deelgeneem.
Die netbalspanne het uitstekend gevaar. Die o.14-span wen 20-9, die o.15- wen 21-9, die o.16- wen 19-7 en die eerste span draf die Trichies plat met 27-5.
Die rugbyspanne het gemengde welslae behaal. Die o.14-rugbyspan wen 17-5, die o.16- wen 20-6, die tweede span wen 15-5. Die eerste- en o.15-span verloor.
Die eerste hokkiespan speel gelykop 0-0.
Die tweede – en o.14-span verloor albei 0-1.
Die senior-sokkerspan behaal ‘n oorwinning van 3-0 en die doele word aangeteken deur Kusa Mabitso, Steve Ramasobane en John Mogohloana.