EHS sweet by huissport — rekords spat!

Bianca Nel in volle vaart

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se huissport is Vrydag 11 Januarie in bloedige hitte gehou, maar ten spyte daarvan het daar 11 rekords gespat waaronder Ewald Botha drie rekords verbeter en Bianca Nel en Nachelle Beetge elk twee rekords.

Jadrin van Blerk en Tsepang Dankuru, seuns o. 14, het in hoogspring beide geeïndig met 1,60 m.

Skoolhoof Adriaan Joubert sê dit was weer eens ’n riem onder die hart om te sien hoe ouers en vriende hulle geliefdes met entoesiasme aanmoedig en ondersteun.

EHS se uitblinkers volgens die Atletiek Suid-Afrika (ASA)-tabel is:

Meisies topprestasies:
• Bianca Nel o. 17: 200 m 24,60 s (ASA 937) en 400 m in 59,80 s (ASA 755);
• Christelle van der Merwe o. 15: verspring 4,90 m, (ASA 832); 100 m 13,10 s (ASA 794) en 200 m 27,60 s (ASA 739);
• Lebogang Molebatsi o. 14: verspring 4,65 m (ASA 807);
• Nachelle Beetge o. 16: 100 m 12,90 s (ASA 791), 200 m 27,00 s (ASA 754) en 400 m 1:02,10 s (ASA 712);
• Daney Potgieter o. 16: gewigstoot 11,31 m (ASA 787);
• Christi Kaiser o. 14: 100 m 13,40 s (ASA 739);
• Rinah Molebatsi o. 14: 100 m 13,60 s (ASA 738); en
• Aleyneh Pienaar o. 14: hoogspring 1,30 m (ASA 717).

Seuns topprestasies:
• Ewald Botha o. 14: 200 m 24,20 s (ASA 930) en 100 m 11,90 s (ASA 863);
• Niel Smit o. 14: verspring 5,35 m (ASA 895) en diskus 38,50 m (ASA 854);
• Jadrin van Blerk o. 14: hoogspring 1,60 m (ASA 865);
• Tsepang Dankuru o. 14: hoogspring 1,60 m (ASA 865);
• Ruben Vosloo o. 15: 100 m 11,60 s (ASA 846), 200 m 23,80 s (ASA 828) en verspring 5,30 m (ASA 721);
• Jan du Plessis o. 16: 200 m 23,90 s (ASA 818), 100 m 11,60 s (ASA 785), 400 m hekkies (ASA 760) en 110 m hekkies 15,70 s (ASA 743);
• Nico Snyman o. 19: 400 m 50,60 s (ASA 767), 100 m 11,30 s (ASA 756), 200 m 23,20 s (ASA 732);
• Dries du Preez o. 16: diskus 40,32 m (ASA 754), spiesgooi 48,97 m (ASA 731) en gewigstoot 12,65 m (ASA 702);
• Tokkie de Beer o. 17: 100 m 11,50 s (ASA 751), 110 m hekkies 15,00 s (ASA 746) en 200 m 23,80 s (ASA 740);
• Divan Geldenhuys o. 19: verspring 6,19 m (ASA 726);
• Conrad Prinsloo o. 19: 14,28 m (ASA 723);
• Koketso Ledwaba o. 15: hoogspring 1,50 m (ASA 708); en
• Estiaan Higgo o. 16: hoogspring 1,60 m (ASA 704).

Joubert het na afloop van ’n suksesvolle dag die trofeë aan die verskeie uitblinker-atlete oorhandig.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.