EHS swem plekke los

Fransa de Beer
LEPHALALE — Die swemmers van Hoërskool Ellisras het Woensdag 16 Maart ‘n interhuis-swemgala gehou en die swemmers het hulle beste gegee.
Baasswemmer Dario Geyser het al die trofeë gewen vir beste swemmer in seuns individuele items: indiviuele medley 100 m (1.06.81s), rugslag 50 m (30.91s), borsslag 50 m (35.36s), vlinderslag 50 m (26.32s) en vryslag 50 m (25.70s). Sy besondere prestasies besorg aan hom die gesogte Senior Victor Ludorum-trofee.
Marushka Geyser wen al die trofeë vir beste dogters individuele items: 100 m medley (1.23.17s), rugslag 50 m (36.94s), borsslag 50 m (41.98s), vlinderslag 50 m (37.40s) en vryslag 50 m (31.51s.) Sy verower die Junior Victrix Ludorum. Die Junior Victor Ludorum is GP du Preez en Senior Victrix Ludorum is Sanè Geldenhuys.
Die aflos tussen die twee ouerspanne en die een onderwysersspan was uiters opwindend. Darren Scott (Dario Geyser se afrigter) wat op sy tyd ‘n nasionale swemmer was, was die ouers se troefkaart, maar hulle het gou gesien die onderwyserspan kan nie onderskat word nie. Die onderwyserspan het bestaan uit Naas Reynecke, Rohan Besseling, Zirk Buys en Dandrè Grobler. Hulle het inderdaad ook goue medaljes gewen!

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.