EHS-swemmers is wenners

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras het Dinsdag 15 Januarie hulle jaarlikse swem interhuisgala by die skool se swembad gehou.

Liza Jansen van Vuuren, Nicole Meyers, GJ Roets en Nicolas Louw

Die wenners van die dag was Liza Jansen van Vuuren as junior victrix ludorum en Nicolas Louw as junior victor ludorum.

Nicole Meyer en GF Roets is onderskeidelik as senior victrix en victor ludorum aangewys. Nicole wen ses goue en een silwer medalje, Nicolas wen nege goue medaljes, Liza wen vyf goue en twee silwer medaljes en GJ Roets wen sewe goue en een silwer medalje.

Verskeie rekords is verbeter. Tayla Vos swem die 50 m borsslag in 41,59 sekondes teenoor die vorige rekord van Natalie Perrier van 44,12 s.

Bianca Nel verbeter die 50 m rugslag-rekord van Natalie Perrier van 41,87 na 41,61. Bianca verbeter ook op Henja Glas se vlinderslagrekord van 39,65 s met 38,12 s.

Liza Janse van Vuuren verbeter op Clarissa Booysen se vlinderslagrekord van 43,78 s met 42,78 s.

Die swemmers en afrigters bedank Martez Bareira en haar helpers wat verseker het dat die dag ʼn groot sukses was.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.