EHS vat vyf

EHS-Atlete

Fransa de Beer
LEPHALALE — Die atlete van Hoërskool Ellisras het Donderdag 3 Maart aan die Limpopokampioenskappe by die Peter Mokaba-stadion in Polokwane deelgeneem en vyf atlete het eerste plekke behaal. Dié vyf atlete neem vanaf 18 – 19 Maart aan die SA kampioenskappe in Bloemfontein deel.
Conrad Prinsloo (s o.15) het die diskus gewen, Nelia Grobler (o.16) het die o.17-diskus gewen. Revel de Bruin (s o.15) wen die 200 m. Jason Venter wen die (s o.19) hoogspring en John Mogohloana (s o.19) wen die 400 m.
Daar is nog ‘n tweede kans om te kwalifiseer vir die SA’s en Loutjie Steenekamp, wat weens ‘n voetbesering nie aan die eerste rondte deelgeneem het nie, gaan dan deelneem om te kwalifiseer vir SA’s.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.