Elvira 50ste op 2de

Elvira Vorster saam haar mede "parkrunners"
Elvira Vorster saam haar mede “parkrunners”

LEPHALALE — Elvira Vorster het Saterdag 11 Junie haar 50ste parkrun voltooi op Mogol parkrun se tweede verjaarsdag. Sy is nou ook deel van die 50-klub.
Elvira het die groot mylpaal gevier deur sommer ook ‘n persoonlike beste tyd, naamlik 29:05, die vyfde beste tyd in haar ouderdomskategorie, te hardloop.
Neels Gerber, algemene bestuurder van Mogolklub wens haar baie geluk en sê sy is die 29ste lid en die 15de vroulike lid van die Mogol parkrun 50-klub.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.