FA 8ste uit 198 skuts

LEPHALALE — FA Kemp van Hoërskool Ellisras het Saterdag 20 Mei deelgeneem aan ‘n interprovinsiale driedimensionele boogskietkompetisie by Wildcrete (tussen Hartebeespoortdam en Krugersdorp).
Altesaam 198 skuts uit 26 skole vanuit vier provinsies naamlik Limpopo, Noord-Wes, Gauteng en Mpumalanga het sake uitgespook. FA se telling van 268 besorg aan hom ‘n vierde plek in die senior seuns. Hy behaal ook ‘n algehele agtste plek in die kompetisie.
Die skool sê hulle is baie trots op hom en ook dankbaar teenoor sy ouers wat soveel kilometers aflê om hom te ondersteun.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.