Fietsry is maklik!

Hoërskool Ellisras het Saterdag 16 Februarie aan die Limpopo-fietsrywedren (Makhulu 5) te Polokwane deelgeneem en goed gedoen.

V.l.n.r.: Zander, Menno, Anika, Jaco-Hein en Niandrè

Ankia de Klerk behaal ʼn eerste plek in die junior meisies-kategorie in die 15 km resies.

Menno Glas behaal ʼn tweede plek in die junior seuns-kategorie (17-18 jaar) en Zander Higgo ʼn vierde plek uit 223 deelnemers.

In die jong seuns-kategorie (15-16 jaar) behaal Janco von Ronge ’n vierde plek, Jaco-Hein Botes ’n tiende en Niandrè van Zyl ’n agtiende plek.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.