Fietsryers van formaat

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se bergfietsspan het die afgelope naweek aan hulle eerste bergfietsren deelgeneem by HTS John Vorster by die Magaliesberge. Die baan het begin by die skool en 4.4 km deur die Magaliesberg Reservaat gegaan. Die dogters moes drie en die seuns vier rondtes voltooi.
Meer as 400 leerders van 34 skole het deelgeneem waaronder Hoërskool Menlopark, Hoërskool Monument van Krugersdorp. Hoërskool Menlopark is twee jaar agtereenvolgend aangedui as die SA Span van die Jaar.
Die seuns het onderskeidelik deelgeneem aan die Youth Men en Junior Men kategorieë. In die Youth men-kategorie is die volgende plekke behaal: Christiaan Young (21), Menno Glas (20) en Xander Higgo (35). In die Junior men-kategorie het Adriaan Venter in die 18de plek geëindig.
Die dogters het deelgeneem aan die Sub Junior Girls en Junior Women kategorieë. Henja Glas behaal ‘n tiende plek in die Junior Women-kategorie.
Die volgende wedren word op 29 April vanjaar in Vaalwater gehou en alle belangstellendes word uitgenooi om by die span aan te sluit.
“Jy het net ‘n fiets en ‘n valhelm nodig dan is jy reg vir die ding” sê die spanlede.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.