Fietsryklub verras

Hoërskool Ellisras se splinternuwe fietsryklub is baie opgewonde oor al die uitdagings wat voorlê. Hier is Franco Troskie, Nelius Grieshaber, Christian Young en Menno Glas – reg vir die volgende fietsren!

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras het onlangs ‘n bergfietsryklub begin onder leiding van Charlene van Staden en hulle het Saterdag 3 September in Mokopane (Potgietersrus) aan ‘n kompetisie deelgeneem. Al die fietsryers het medaljes huis toe geneem.
Die “Tour de Lip Hanglip Komatiland”-wedren vind 17 September in Louis Trichardt plaas en die Nasionale Finaal word op 8 en 9 Oktober by Hoërskool Bekker in Magaliesburg gehou. Besoek Limpopo Schools Cycling – MTB se Facebook-blad vir meer besonderhede.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.