Geelspan maak skoonskip

Trofee wenners op die foto, saam met skoolhoof Leonard Vorster, Lesedi Moima, Deiondré Bodenstein, Amoné du Toit, Adriaan Coetzee, Marisha Benade en Neo Matlou
Trofee wenners op die foto, saam met skoolhoof Leonard Vorster, Lesedi Moima, Deiondré Bodenstein, Amoné du Toit, Adriaan Coetzee, Marisha Benade en Neo Matlou

VAALWATER — Laerskool Vaalwater se interhuis atletiekbyeenkoms is Donderdag 21 Januarie by die skool gehou. Die Geel- en Blouspan het teen mekaar meegeding en die Geelspan het aan die einde van ‘n baie opwindende dag met die sang- en atletiekbeker weggeloop.

Die dirigente-opkoms was baie indrukwekkend en hulle het die atlete luidkeels aangemoedig.
Die volgende leerders het uitstekend presteer:
Junior Victrix Ludorum was Deiondré Bodenstein, Junior Victor Ludorum Lesedi Moima, Senior Victrix Ludorum Amoné de Toit en Senior Victor Neo Matlou.
Beste veldatlete vir die dag was Lesedi Moima en Marisha Benade. Die beste baanatlete vir die dag was Adriaan Coetzee en Amoné du Toit.
Beste prestasie vir die dag was deur Marisha Benade verower vir haar gewigstoot in die dogters o.11-kategorie.
Rekords wat verbeter is, is onder andere Hanco Benade (o.13) Diskus, Neo Matlou (o.13) 100 meter naellope, Eben Keyter (o.6) vir die 60 en 80 meter naellope, Lesedi Moima (o.9) verspring, Jessica Msiska (o.11) en Stefan Swanevelder (o.11) in die 70 meter hekkies.
“ Die dag was ʼn groot sukses en baie lekker. Baie dankie een ieder en elk wat gehelp het om die dag ʼn sukses te maak! Veral ouers en onderwysers wat so hard saamgewerk het. Elkeen se hulp word waardeer. Ook aan elke leerder van Laerskool Vaalwater wat deelgeneem het. Op watter manier ookal. Mooi so!” sê skoolhoof Leonard Vorster.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.