Genotvolle gholfdag

Jan, Martin Nel, Engela Nel, Willem Oosthuizen en Jandré Strydom

Ria Wells
LEPHALALE — Maatskappye en besighede het Saterdag 6 Mei die gulde geleentheid gehad om op sosiale vlak met mekaar te kommunikeer en terselfdertyd die kans benut om sakegeleenthede en bemarking te bespreek tydens die Mogolklub se jaarlikse Contractors Cup gholftoernooi.
Jan Beyer, gholfbestuurder, het almal wat aan die toernooi deelgeneem het van harte bedank en dit as ‘n genotvolle dag beskryf wat goed bygewoon is. Daar is ook afskeid geneem van Len Steyn van die firma Kentz (Medupi) wat verhuis. Len was vir die afgelope jare ‘n bekende gesig en getroue speler by die klub.
Die aand is afgesluit met ‘n heerlike sjinese braai voorgesit deur Jan en Essie Beyer.
Die wenners is as volg:
Naaste aan die penne was T Dias op putjie 11 en Riaan Nel op 11.
Die toernooi is in beterbal beslis en Engela en Martin Nel, Willem Oosthuizen en Jandré Strydom het in die eerste plek klaargemaak. Natie Pretorius, Hannes Botha, Thinus Barnard en André Voges was tweede en Len Steyn, Gert Pepler, Johan Gericke en Corne Rautenbach eindig derde.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.