Gert groet

Jan Beyer sê totsiens aan Gert Pepler wat Secunda toe verhuis het

Ria Wells
LEPHALALE — Saterdagaand tydens die Kansa-gholftoernooi is daar afskeid geneem van Gert Pepler. Gert was ‘n baie jong man toe hy by Mogolklub se gholfsubseksie aangesluit het en was ‘n lojale en gereelde speler. Hy was ook vir jare die klubkaptein en het die klub op provinsiale vlak verteenwoordig. Maar nou verruil Gert die bosveld vir Secunda en het hy Maandag 5 Junie daar begin werk. Sy vrou, Claudia sal haar die einde van Junie by hom aansluit.
Jan Beyer het gesê dat hy Gert leer ken het as ‘n eerbare en regverdige klubkaptein en altyd ‘n goeie voorbeeld gestel het. Jan het hom baie sterkte toegewens en ‘n geskenk aan hom oorhandig.
Gert het op sy beurt gesê dat ‘n klub net so sterk is soos sy lede en gesê dat hy die Mogolgholfbaan en die mense sal mis, maar het darem belowe om te kom kuier …

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.