
Leoni Kruger
LEPHALALE — Dario Geyser, Hoërskool Ellisras se uitblinkswemmer, word tydens die onlangse Gala Interhoër te Bela-Bela aangewys as die senior seun Victor Ludorum en Marushka Geyser is die junior dogter Victrix Ludorum.
Marushka (13) wen ook ‘n tweede trofee vir die meeste Fina-punte. Sy deel die trofee met Anina Koekemoer (16) van Hoërskool Ben Vorster.