Gholf uit boonste rakke

Wenners Richard Louw jr. en HJ Pienaar jr. saam met Andon du Plessis, skoolhoof

 

Personeel van Laerskool Ellisras

LEPHALALE — Laerskool Ellisras het hulle Saterdag 19 Augustus weer eens onderskei as ‘n skool met hope insiatief wat elke projek met ywer aanpak en suksesvol in goeie gees afhandel.
Die gholfdag wat hulle Saterdag by Mogolklub aangebied het getuig van ‘n besondere dinamika en goeie gesindheid onder die personeel, beheerliggaam en ouers van die skool, maar ook vanaf die hele gemeenskap.
Die dag, wat in beterbal Stableford-formaat gespeel is, is baie goed ondersteun en hope pryse was op die spel.
Anton du Plessis, skoolhoof, het almal wat op een of ander manier betrokke was by dié hoogtepunt op die skoolkalender van harte bedank vir hul bydraes, hetsy in die vorm van borgskappe of harde werk met die reëlings.

Gert du Plessis het ‘n veiling behartig en daar is fluks gebie op gehalte items wat die skool se fondse ‘n goeie hupstoot gegee het. Gerhard Pansegrouw het die prysuitdeling waargeneem.
Naaste aan die penne was Henry Pretorius op putjie 4, Ruan Weber op 8, Willie Roux op 11 en Anton du Plessis op 15. Die langste houe vir die dag is geslaan deur Marnus Snyman op 9 en Danie Drotskie op 18. HJ Pienaar jr. en Richard Louw jr. het in die eerste plek klaargemaak gevolg deur Hilton McCabe en Shane Pienaar. Willem Labuschagne en Charl Clark was in die derde plek. Arno Scheepers het die “chipping”-kompetisie gewen.
Die aand is gesellig afgesluit met ‘n heerlike ete.
Daar is talle foto’s op Mogol Pos se Facebook-bladsy – gaan loer gerus en deel dit met jou vriende.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.