Gholfmanne maak trots

LEPHALALE — Die gholfspelers van Hoërskool Ellisras het Vrydag 19 Mei aan die finale Limpopo Gholfuitspele in Mokopane (Potgietersrus) deelgeneem. Spelers van Hoërskole Ben Viljoen, Ben Vorster, Pietersburg, Piet Potgieter en Ellisras het aan die uitspele deelgeneem.
Hoërskool Ellisras se spelers wen die Individual Stableford en behaal ‘n tweede plek met die putjie (houe) formaat.
Die spanlede wat so uitstekend gevaar het is Divan Geldenhuys, Janco Lötter, Christiaan Young en Gerhard Pepler.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.