Gholfnuus

Wenners van die Executive Cup
Wenners van die Executive Cup

Ria Wells
LEPHALALE – Mogol gholfklub het Saterdag beide die gewilde Executive Cup aangebied wat goed deur die onderskeie besighede ondersteun is, asook ‘n ope-kompetisie. Albei kompetisies is in 1-2-3-beterbal formaat gespeel.
Die Barata-span het die Executive Cup gewen met spelers Martin en Engela Nel, Jaco Loubser en Piet Schutte. Jaco het van die geleentheid gebruik gemaak en sy seun Zander Loubser wat 20 Oktober verjaar, geluk gewens. Kentz se span onder leiding van Len Steyn was in die tweede plek met spanmaats Corné Rautenbach, Karl Bartleson en Gert Pepler. Die Bobcat-span was derde met Wayne van der Walt aan die stuur met medespelers Hilton Mcabe, Shane Pienaar en David Diamond.
In die ope-afdeling was die uitslag as volg:
1ste: A du Plessis, J Delport, J du Plessis en L Loubser;
2de: Juan van Vuuren, Louis Esterhuizen, Andre Lombard en Louis J van Rensburg
3de: Johan Nel, Ruaan Hefer en Tiaan Geldenhuys.
Naaste aan die penne was Hilton Mcabe op putjie 8, Corne Rautenbach op 11, Martin Nel op 9 en RJ Swanepoel op 18.
Jan Beyer, gholfbestuurder, het namens die Mogol gholfklub almal wat deelgeneem het asook die borge, in besonder E.O.H., hartlik bedank en gesê dat dié Executive Cup reeds vanaf 2010 aangebied word. Hy het ook vir Claudia Pepler spesiaal bedank vir die musiek. Die aand is afgesluit met heerlike kos en ‘n gesellige kuier.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.