Gholfnuus

Nico Koster van die Limpopo Gholfunie en wenners Nadia van Vuuren, Engela Nel en Marinda de Lange (voor)
Nico Koster van die Limpopo Gholfunie en wenners Nadia van Vuuren, Engela Nel en Marinda de Lange (voor)

Ria Wells
LEPHALALE — Al die vorige Presidente en Visepresidente met hulle spanne het mekaar Saterdag 1 Oktober weer op Mogol se gholfbane die stryd aangesê tydens die Mogol Superspar Presidentbekerkompetisie.
Leon Pienaar het gewys wie is baas en, net soos in 2015, skoonskip gemaak toe hy en sy span as wenners uit die stryd getree het. Sy wenspan het bestaan uit Riaan en Marinda de Lange, Daan Eloff, Hannes Botha, A de Lange, Herman Steyn en Wayne Mulligan.
Die naaswenners was die span van Nico Oosthuizen.
Jan Beyer, gholfbestuurder, het Willie en Marleen Liversage en die span van Mogol Superspar hartlik bedank vir uitstekende pryse en heerlike kos.
Met die “chipping”-kompetisie het Adriaan de Lange vir hom ‘n pragtige vlekvrye staalbraaier ter waarde van R3 800, geborg deur Mogol Superspar, losge-”chip”. Die fondse wat met die “chipping”-kompetisie geïn is, is geskenk aan die SAVF Maroelaoord.
Tydens die Sanlam KANSA Gholf-uitdaagreeks het Mogol gholfklub se dames geseëvier tydens die Limpopo Finale wat op Groblersdal aangebied was. Die klub wens wenners Engela Nel – A Divisie, Marinda de Lange – B Divisie en Nadia van Vuuren – C Divisie, hartlik geluk. Dit is die eerste keer in Limpopo se geskiedenis dat wenners in al drie divisies lede van een klub is.
Volgende week, 10 en 11 Oktober, neem die dames deel aan die Nasionale kompetisie wat by Sun City aangebied word. Maandag speel hulle op die Lost City gholfbaan en Dinsdag op die Sun City gholfbaan.
Mogolklub wens die dames baie sterkte toe met die toernooi wat voorlê!

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.