Gholfsterre

Gerhard en Gert Pepler
Gerhard en Gert Pepler

Ria Wells
LEPHALALE — Die Limpopo Geslote gholfkampioenskappe het op 27 en 28 Februarie in Polokwane plaasgevind. Die pa en seun, Gert en Gerhard Pepler, asook Johan Nel en Len Steyn het daaraan deelgeneem. Volgens Gert het die reënerige weer die spel baie moeilik gemaak.
Die jonge Gerhard (16) het in die ope-afdeling ‘n tweede plek behaal en Gert ‘n vierde plek. Dié twee Peplers het die Mogolklub se naam hoog gehou. Len Steyn was eerste in die C-divisie en Johan Nel het vierde geëindig in die senior-afdeling.
Hierdie is ‘n groot prestasie aangesien hulle teen die bestes van die beste in Limpopo meegeding het en die tweede en vierde plek in die ope-afdeling uit Mogolklub-geledere is noemenswaardig.
Gerhard gaan vanaf 28 Maart tot 2 April aan die SA Seuns o.19 kampioenskappe te Bloemfontein deelneem. Die bosveld hou vir hom duim vas!

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.