Gimnaste gaan groot!

SWARTWATER — Twintig vlak 1-3-gimnaste van Swartwater Gimnastiekklub het op 15 en 16 Junie aan die Noordsone-atletiekbyeenkoms by Mat Sport in Eldoraigne meegeding teen die gimnaste van ander gimnastiekklubs in Limpopo.

Agter v.l.n.r.: Melissa Gouws (afrigter), Louise Booyse (afrigter), Sumarie Booyse, Marcelle Schoeman, Annemie Nel, Yolandè Vos (hoofafrigter). Middel: Megan Honeyborne, Duan Fourie, Jacques-Louis Hendriks, Tiaan Zietsman, Duan van Staden, Elza Zietsman, Deonè Malherbe, Reino Jonker, Hennie Schoema. Voor: Wilmeri Roos, Luca Grimbreek, Carla Booyse, Lerika Coetzee, Talita van der walt, Anke Jansen van Vuuren. Heel voor: Eliz-marie Groenewald. Inlas: Luhan Groenewald

Die gimnaste van Swartwater verower drie goue, tien silwer en sewe brons medaljes.

Marcelle Schoeman was egter die ster van die byeenkoms. Sy ontvang ʼn goue medalje en behaal ʼn algehele eerste plek (van al die klubs wat deelgeneem het) in haar ouderdomsgroep.

Afrigers Melissa Gouws, Louise Booyse en Yolandè Vos sê hulle is trots op elke gimnas wat deelgeneem het. “Ons vlak 4- en 5-gimnaste is nou hard aan die oefen vir die kompetisies wat in Augustus begin,” sê Melissa.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.